Ons span

Die mense agter Sigbaar

Ontwerp, bemarking en sagtewareontwikkeling begin by dieselfde vraag. Wat moet jou klante en personeel kan doen? Ontmoet die mense wat saam met jou daaraan werk.

Louise Neethling

Handelsmerkontwikkeling, ontwerp en digitale bemarking

Portret van Louise Neethling

Louise help ’n besigheid om aan klante te verduidelik wat dit bied. Sy ontwikkel visuele identiteite en handelsmerkgidse, skryf webteks en ontwerp aanbiedings, infografieke en veldtogte. Dit gee ’n eienaar ’n herkenbare voorkoms en die woorde om ’n diens duidelik aan te bied.

Wanneer ’n span nuwe sagteware in gebruik neem, kan sy die werk stap vir stap beskryf en ’n gids opstel waarna personeel kan terugverwys.

Reinhardt Wittstock

Stigter en hoofsagteware-argitek

Portret van Reinhardt Wittstock

Reinhardt ontwerp en bou al meer as 16 jaar sagteware. By Sigbaar help hy jou besluit of ’n webwerf wat jy self kan bywerk, ’n koppeling tussen bestaande stelsels of ’n volledige nuwe bestuurstelsel die regte oplossing is. Hy lei die tegniese werk en toets die sagteware saam met die mense wat dit moet gebruik.

Hy het Emotive MasterTowns se publikasieplatform ontwerp en kliënte- en administrasieportale vir Abacus Micro Systems gebou. Sy werk sluit ook die koppeling van toestelle aan sakeprosesse en vanlyn navorsingsprototipes by Quant Meridian in.

Wat wil jy vir jou besigheid makliker maak?

Vertel ons waar jy vasval. Ons gesels oor jou opsies en wat by jou begroting pas.